Die Brief aan die gemeente in Efese

Die Brief aan die gemeente in Efese

February 14, 2026 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat die brief aan die gemeente in Efese nog net so toepaslik is vir ons gemeentes en persoonlike geloofslewens vandag. Ons verstaan die versoeking om in ’n veranderende wêreld geïnsuleerd te raak en net to fokus op die suiwerheid van ons leer en lewe; ons besef egter dat Jesus waarsku dat so ‘n ingesteldheid maklik daartoe kan lei dat dit vir ons begin gaan oor die bedryf van Godsdiens eerder as dat ons Godsdiens vloei uit ons Godsliefde en naasteliefde.

  • Ysbreker
  • As jy ‘Openbaring’ hoor, wat kom in jou gedagtes op?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Openbaring 1:9-20 (vir konteks) en 2:1-7
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
    • Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Watter raad of waarskuwing neem ons vir ons eie lewens uit Jesus se boodskap aan die gemeente in Efese?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *