Sout en lig
Uitkomste: Ons verstaan dat God ons geroep het om ’n bepaalde rol in hierdie lewe te speel – om sout en lig te wees waarookal ons kom. Ons verstaan dat dit beteken dat ons soms risiko’s gaan moet neem vir die Here – ’n strewe na ’n veilige, lekker en maklike lewe is nie ’n lewe wat ander mense se lewens gaan aanraak nie.
Ysbreker
- Wat is die moeilikste ding wat jy geleer het om te doen?
- Hoekom is mense so beïndruk met mense wat moeilike goed kan doen?
- Op watter manier is ‘om sout en lig te wees’ ook soos om aan te leer om moeilike dinge te doen?
______________________________________________________________________________
Inleiding
- Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
- Kyk John Piper se seashell uittreksel https://www.youtube.com/watch?v=mfpmbmsvu3A&t=44s
- Kyk Francis Chan se balance beam uittreksel https://www.youtube.com/watch?v=LA_uwWPE6lQ
- Wat is die verband tussen hierdie 2 uittreksels?
______________________________________________________________________________
Teks
- Lees saam Matt. 5:13-16
- Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
- Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
- Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?
- Beteken ‘om sout en lig te wees’ dat ek groot goed vir die Here moet gaan doen – of lê dit ook in gewone gehoorsaamheid aan ’n groot Here?
______________________________________________________________________________
Toepassing
Waar kan jy in die komende week op ’n praktiese manier sout en lig in iemand se lewe of in ’n situasie gaan wees?