Dink Bybels oor…God, goed en geld

Uitkomste: Ons verstaan dat ons maklik ongesonde prioriteite en praktyke in ons persoonlike finansies kan vestig. Ons verstaan dat die manier hoe ons ons finansies hanteer grootliks reflekteer op die vertrouensverhouding wat ons met God het. Ons besef dat Hy en wat Hy wil vir sy Koninkryk die eerste plek in ons finansiele prioriteite moet inneem.
- Ysbreker
- Vertel vir die groep ± hoeveel jy in die laaste week op persoonlike vermaak uitgegee het vs. hoeveel jy op God se prioriteite uitgegee het?
- Dink jy hierdie 2 getalle lewer kommentaar op jou verhouding met God of staan dit los daarvan?
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Hoekom skop mense so maklik teen geld-preke in die kerk?
- Dink jy dat Christene ’n finansiele verpligting teenoor hul plaaslike gemeente het?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Mal. 3:7-10 & Mat 6:24, 31-33
- Hoe sou jy die kernpunt van hierdie twee tekste verwoord?
- Hoe verhoed ons dat ons nie in die gat trap van ‘gee om geseën te word’ nie?
______________________________________________________________________________
- Inhoud
- Is die orde van ‘gee, spaar, spandeer’ volgens jou ’n gepaste orde ten opsigte van jou persoonlike finansies vanuit ’n Bybelse perspektief gesien?
- Wat verhoed mense om hierdie orde toe te pas?
______________________________________________________________________________
- Toepassing
- Hoe kan jy jou finansies ook begin struktureer om hierdie orde beter te reflekteer?