Die God van die boks
Uitkomste: Ons verstaan dat ons nooit omvattende kennis van God sal hê nie, maar dat God vir ons wel ware kennis ‘God-boks-vriendelik’ verpak het. Dit dat God nie in ’n boks gesit kan word nie, maar dat Hy wel vir ons sekere eienskappe van Homself op so ’n manier openbaar het dat ons toegang het tot ’n voldoende Gods-beeld/prentjie/verstaan dat ’n verhouding met hierdie God vir ons moontlik is. Ons verstaan dat hierdie God glad nie soos ons is nie en ons probeer om Hom te aanbid soos Hy is en op sy eie terme.
______________________________________________________________________________
- Inleiding
- Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
- Die Nederlandse geloofsbelydenis som in sy eerste artikel hoe ons God leer ken in die Bybel: “Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar ’n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God noem. Hy is ewig, onbegryplik, onsienlik, onveranderlik, oneindig, almagtig, volkome wys, regverdig, goed en die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is”
- Watter van hierdie woorde het by jou vasgesteek en hoe sou jy dit verduidelik?
- Oor watter van hierdie woorde het jy vrae?
______________________________________________________________________________
- Teks
- Lees saam Deut. 6:4-9 en Joh. 1:1-2 & v14
- Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
- Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
- Wat sê hierdie teks vir ons om te gaan doen?