God groei ons geloof deur: onvoorsiene omstandighede

God groei ons geloof deur: onvoorsiene omstandighede

January 17, 2026 Uncategorized 0

Uitkomste: Ons verstaan dat ons soms dinge gaan ervaar en vrae sal hê waarop ons nie ‘n eenvoudige antwoord gaan kry nie. Ons weet ook dat ons nie altyd sal verstaan waarom dit lyk of voel of God in sulke oomblikke vêr of afwesig of stil is nie. Ons weet wel dat God sulke oomblikke, ervarings of vrae wil en kan gebruik om ons te help om Hom meer volkome te vertrou.

  • Ysbreker
  • Vertel van ’n ervaring waar jou lewe in die hande van ’n ander persoon was of waar jy dalk iets soos valskermspring of bungee gedoen het en totaal afhanklik was van toerusting wat moes werk
    • Hoe voel dit wanneer beheer oor jou welstand in ander mense se lewens is?

______________________________________________________________________________

  • Inleiding
  • Som dit wat jy in die preek gehoor het in een sin op?
  • As jy gemaklik voel, vertel vir die groep van ’n ervaring/vraag wat jy al gehad het of tans het wat maak dat jy sukkel om vir God te vertrou?
    • Hoe het God daardie ervaring/vraag gebruik om jou geloof te groei – of hoe dink jy kan Hy dit gebruik om jou geloof te groei?

______________________________________________________________________________

  • Teks
  • Lees saam Hab. 1:1-13
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor God?
    • Wat sê hierdie teks vir ons oor die mens?
    • Wat sê hierdie teks vir ons om te doen?

______________________________________________________________________________

  • Toepassing
  • Watter hindernisse is daar tans in my lewe wat maak dat ek sukkel om God te vertrou of ’n groter geloof in Hom het? Hoe kan ons vir mekaar daarvoor bid?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *