Bybelse huwelik

Uitkomste: Ons verstaan Jesus se definisie van die huwelik as “Een man en een vrou word een vlees vir een leeftyd.” Ons verstaan dat die huwelik deur God ingestel is met ’n bepaalde doel en nie deur mense om ‘n menslike behoefte te bevredig nie. Ons verstaan daarom dat die doel van die huwelik nie…
Read more


September 12, 2026 0

Hê jou vyand lief genoeg om die waarheid met hul te deel

Uitkomste: Ons verstaan dat Jesus vir ons gewys het wat dit beteken om ons vyande lief te hê – dat dit neerkom daarop dat ons aan hulle goeddoen al voel ons nie dat hulle dit verdien nie, dat ons vir hulle bid en dat ons die beste vir hulle wil hê. Ons verstaan ook dat…
Read more


August 22, 2026 0

Beter as ‘n fariseër

Uitkomste: Ons verstaan dat God se wet, beginsels en voorskrifte bedoel was om ’n bloudruk te wees van God se idee van ’n perfekte mens. Ons verstaan wel dat, a.g.v. sonde, geen mens ooit God se standaard kon behaal nie – daardeur word die funksie van die wet vir ons soos ’n spieël wat vir…
Read more


August 15, 2026 0

Sal die regte Jesus opstaan asseblief?

Uitkomste: Ons is bewus van die versoeking om ’n Jesus na ons eie beeld te skep. Ons verstaan dat Jesus nie bloot ’n naam is wat ons aan enige idee van Jesus kan koppel nie – daar is net een Jesus wat die smal deur is waardeur ons gered kan word en dit is die…
Read more


July 26, 2026 0

Die smal deur

Uitkomste: Ons verstaan dat die pad waarop Jesus ons nooi begin deur by ’n baie smal “deur” in te gaan – dit is nie ’n fisiese deur nie, maar ’n voorstelling van wat dit van ons vra om agter Jesus aan te begin loop: om los te kom van ons gehegdheid aan alles wat nie…
Read more


July 18, 2026 0

Een ding kom jy kort

Uitkomste: Ons verstaan dat God se standaard vir toegang tot die Hemel absolute morele perfeksie is – daarom is geen mens goed genoeg om hemel toe te gaan op eie meriete nie, slegs op Jesus se meriete. Ons verstaan daarom dat ons goeie werke nie ‘n plaasvervanger kan wees vir Jesus se reddingswerk nie, ons…
Read more


July 11, 2026 0

Woede-godjies

Uitkomste: Ons verstaan dat God nie vir ons verbied om kwaad te word nie, maar wel voorskryf wat aanvaarbare woede is. Sondige woede word gebore uit trots of vrees, waar dit uiteindelik neerkom op ’n gebrekkige vertroue dat God geregtigheid sal laat geskied of dat God sal sorg – teenoor heilige/geregverdigde woede wat uiteindelik neerkom…
Read more


July 5, 2026 0

Wie is die hoofkarakter?

Tema: Wie is die hoofkarakter Uitkomste: Ons verstaan dat trots nie bloot gaan oor hoe baie jy VAN jouself dink nie, maar juis ook hoeveel jy AAN jouself dink – dan is dit nie bloot selfverheffing nie, maar ook selfbejammering wat kan tel as trots, want beide hierdie kante van trots sê “kyk na my”…
Read more


June 27, 2026 0

Moenie angstig wees nie

Uitkomste: Ons verstaan dat Jesus se bevel “moenie angstig wees nie”, nie beteken dat daar niks is om oor angstig te wees nie, maar dat wanneer ons vanuit ons ontwerp en roeping leef, ons fokus verskuif van die dinge wat ons angstig kan maak na die Vader wat elke dag sorg en reeds my hele…
Read more


June 20, 2026 0

Simon, slaap jy? (Gebed)

Uitkomste: Ons kyk na Simon wat ‘n nuwe naam by Jesus kry, Petrus – wat pas by sy nuwe identiteit en die roeping wat Jesus vir hom gee. Ons sien ook hoe Jesus uiteindelik in die tuin van Gethsemane hom op sy ou naam noem – Simon – toe Hy hom aan die slaap vang…
Read more


June 13, 2026 0